Chobe selfsorg akkommodasie Logo

SENYATI SAFARI KAMP

Selfsorg akkommodasie en kampering naby Chobe Wildreservaat

Geskikste vir diegene wat self bestuur, 4x4-voertuig word aanbeveel

STUUR EPOS
ENGLISH
TUISBLAD
BOTSWANA AKKOMMODASIE PRYS EN BESPREKINGS ANDER CHOBE AKKOMMODASIE
Olifante by Senyati Safari Lodge

Kinders van ouderdom 8 - 14 jaar

Kampeergroepe van 15 of meer: stuur asseblief vir ons ‘n e-pos vir ‘n kwotasie.
 

Senyati Safari Lodge chalets en kampeerplekke naby die Chobe Nasionale Park is baie privaat, maar nie eintlik ‘n watergat wat deur talle grootwild besoek word nie. Elke kampeerplek het sy eie ablusieblok. Van die kroeg af kyk jy oor die watergat uit, dus kan jy wild besigtig sonder om te reis.

Ander mense sal dalk nie jou heerlike stort onderbreek nie, maar ons kan nie waarborg dat ‘n olifant nie dalk sal kom inloer vir ‘n drankie nie! Hierdie Chobe lodge sal jou na aan die natuur bring.
Senyati Safari Lodge en kamp bring jou terug in die natuur, en bring die natuur reguit na jou toe. Die fasiliteite is dalk nou nie vyf-ster nie, maar die diens en omgewing is puik.

Senyati Safari Lodge is in privaatbesit en is omtrent 20 km vanaf die wêreldbekende Chobe Nasionale Park. Daar is nie grensdrade of heinings tussen Chobe en Senyati Safari Lodge nie. Senyati het ‘n eie watergat en uitsigdek, en dus sal jy diere (insluitend drie van die Groot Vyf) reg op jou drumpel sien. Olifante is egter die volopste by die watergat. Hulle baljaar dikwels in die water om af te koel.

Senyati Safari Lodge se doelwit is om uitstekende waarde vir geld te bied aan diegene wat op selfbestuur-toere is. Dit is ‘n splinternuwe lodge wat maar eers in 2008 sy deure geopen het. Hulle bied kampeerplek, en elke staanplek is toegerus met privaat geriewe. Die chalets is ten volle toegerus vir selfsorg. Dit is die enigste selfsorg akkommodasie by die Chobe Nasionale Park.

Die selfsorg akkommodasie is gerieflike chalets met en-suite fasiliteite. Daar is ook ‘n kontantkroeg.

Senyati Safari Lodge is die trots van die eienaar en bestuurspan, en jy sal hul entoesiasme regdeur jou verblyf ervaar.

Die kampeerplekke by Senyati Safari-kamp is baie privaat. Elke kampeerplek het sy eie ablusiefasiliteite met elektrisiteit. Jy is dus deurgaans gewaarborg van skoon en netjiese geriewe.

  • Senyati Safari-kamp is op die Nata\Kazungula-hoofpad, 8 km voor Kazungula en 18 km vanaf Chobe Wildreservaat
  • Senyati se kontantkroeg kyk uit op ‘n watergat met spreiligte
  • Daar is 9 selfsorg grasdak kampeerplekke met 220 v-proppe
  • Elke kampeerplek het ‘n eie ablusieblok
  • Daar is drie selfsorg chalets met ‘n vries-/yskas, 2-plaat stoof en eetgerei
Senyati Safari Camp Unit
Senyati Bedroom
 
Senyati safari Camp elephants
buffalo at senyati
Elephants drink water at senyati Chobe Buffalo at campsite at Senyati Chobe
Senyati ablutions Senyati self-catering kitchen

BOTSWANA

Chobe Reservaat is een van Botswana tourisme hoogtepunte. As jy dalk op die walle van die Choberivier wil bly is daar verskeie opsies. Toro Safari Lodge is een van die hotelle in Kazangulal. Chobe Safari Lodge is meer luuks en grens aan die Chobe Nationale Park. Mowana Safari Lodge is 'n vier ster hotel in Kasane.
Baie mense besoek Maun na hulle by die Chobe was.

NAMIBIA

Grunau Country House is 'n gewilde oornag stop as jy sou besluit om van Senyati Safari Camp na Namibie te ry op pad Kaap toe. Nog 'n moontlikheid is Mariental River Chalets langs die hoof pad. Die Waterberg Plato Nasionale park Naby Otjiwarongo in Namibie is onderweg tussen Windhoek en Senyati Safari Camp.

ZIMBABWE
Dit is logies om ook Zimbabwe te besoek na jy by die Cobe was omdat die grens net 3 km van Senyati Safari Lodge is. Ons kan Troutbeck Inn hotel sterk aanbeveel naby Nyanga in die Oostelike Hooglande. Die Great Zimbabwe Hotel is ook pragtig as jy dalk die Great Zimbabwe gebied wil besoek